‘n Polisievoertuig het omstreeks 11:00 vanoggend in MC Roode-rylaan aan die brand geslaan.
Volgens polisiewoordvoerder kapt. Mvula Chaka was patrollievoertuie besig om die area te patrolleer toe ‘n polisiebakkie gaan staan het.
“Daar het rook by die enjin uitgekom en kort daarna het die bakkie vlam gevat,” sê Chaka.
Die twee insittendes het betyds uit die voertuig gekom en niemand is beseer nie. Chaka sê die vermoede is dat die enjin weens ‘n tegniese fout vlam gevat het. Die voorval word verder ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




