NewsNews

J’s Lounge eienaar sterf in motorongeluk

Jeanette Swanepoel is Saterdagoggend (16 Februarie) oorlede toe sy omstreeks 00:30 na middernag in 'n motorongeluk betrokke was.

Jeanette Swanepoel is Saterdagoggend (16 Februarie) oorlede toe sy omstreeks 00:30 na middernag in ‘n motorongeluk betrokke was.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het die botsing in Kockstraat plaasgevind.

Met paramedici se aankoms, het beide Jeanette se motor en die ander voertuig in die middel van die pad gestaan. Jeanette was steeds binne haar motor en is op die toneel dood verklaar.

Jeanette Swanepoel FOTO: FACEBOOK/Jeanette Swanepoel

Die man wat in die ander voertuig, ‘n Ford Ranger was, het volgens van Huyssteen matige beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem.

Jeanette se seun, Paul Swanepoel (23), sê sy ma was ‘n liefdevolle, sterk vrou wat deur baie studente as ‘n ma beskou is.

Jeanette was in die weermag en was die eienaar van J’s Lounge by Waterberry Square winkelkompleks.

*Lees die volle artikel in vandag se Potchefstroom Herald

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button