NewsNews

Drie gewapende mans beroof fietsryer

'n Fietsryer is verlede Woensdagaand (27 Februarie) in Chief Albert Luthuliweg deur drie gewapende mans beroof.

‘n Fietsryer is verlede Woensdagaand (27 Februarie) in Chief Albert Luthuliweg deur drie gewapende mans beroof.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man omstreeks 20:30 met sy fiets in die rigting van die brug naby Malherbestraat gery waarna drie mans hom voor gekeer het. Een man het ‘n mes uitgehaal en sy selfoon geëis.

‘n Ander man het hom toe van sy fiets afgestamp en sy ander besittings ook geëis.

Kort na die mans sy besittings gevat het, het ‘n swart voertuig op die toneel afgekom en die mans skrik op die lyf gejaag.

Die mans het in die rigting van die brug gevlug.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van gewapende roof word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button