NewsNews

Potch skole is eerste en tweede beste in die land

Twee van Potchefstroom se top skole Potchefstroom Gimnasium en die High School for Girls Potchefstroom is weer aangewys as die top kwintiel-4 skole in Suid-Afrika. Die minister van die Departement van Onderwys, Angie Motshekga het die afgelope week vir Gimmies met die eerste plek in hierdie kategorie beloon met Girls High wat die tweede plek …

Twee van Potchefstroom se top skole Potchefstroom Gimnasium en die High School for Girls Potchefstroom is weer aangewys as die top kwintiel-4 skole in Suid-Afrika.

Die minister van die Departement van Onderwys, Angie Motshekga het die afgelope week vir Gimmies met die eerste plek in hierdie kategorie beloon met Girls High wat die tweede plek verkry het. Hoërskool Rustenburg was derde om ‘n voltallige Noordwes-podium vol te maak.

Dit is ‘n uitsondere prestasie veral dat altwee skole in dieselfde provinsie, distrik en dorp is.

“Ons bars behoorlik van trots oor dié puik prestasie!,” het Potchefstroom Gimnasium op hulle Facebookblad genoem.

Girls High het ook op sosiale media hierdie spogprestasie gedeel: “Girls High behaal tweede plek vir die derde jaar in ‘n ry in dieselfde kategorie. Nie sleg vir ‘n klein dorp in die Noordwes nie!”

Lees meer hieroor in komende week (21 Maart) se Potchefstroom Herald.

Direkteur-generaal van of Basiese Onderwys, Mr Hubert Mweli, die waarnemende hoof van Potchefstroom Girls High, Me. Gwendoline Duganzich, die hoof van Potchefstroom Gimnasium, Mnr. Roelof Oosthuizen en die Noordwes Departement van Onderwys se distrikdirekteur, Mnr. Benny Monale. Foto: Facebook/Potchefstroom High School for Girls.
Direkteur-generaal van of Basiese Onderwys, Mr Hubert Mweli, die waarnemende hoof van Potchefstroom Girls High, Me. Gwendoline Duganzich, die hoof van Potchefstroom Gimnasium, Mnr. Roelof Oosthuizen en die Noordwes Departement van Onderwys se distrikdirekteur, Mnr. Benny Monale. Foto: Facebook/Potchefstroom High School for Girls.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button