SportSport
Jansen skitter vir SA o.19’s in Indië
Die voormalige Gimmie eerstespan krieketkaptein, Marco Jansen, het die afgelope week ‘n puik boulvertoning gelewer om die Suid- Afrika (SA) o.19-span na ‘n 9 lopie oorwinning teen Afganistan se o.19’s te lei. Tydens hierdie wedstryd wat in die vierkantige reeks in Thiruvananthapuram, Indië plaasgevind het, het Jansen (4/23) geneem. Jansen het ook die laaste paaltjie …
Die voormalige Gimmie eerstespan krieketkaptein, Marco Jansen, het die afgelope week ‘n puik boulvertoning gelewer om die Suid- Afrika (SA) o.19-span na ‘n 9 lopie oorwinning teen Afganistan se o.19’s te lei.
Tydens hierdie wedstryd wat in die vierkantige reeks in Thiruvananthapuram, Indië plaasgevind het, het Jansen (4/23) geneem. Jansen het ook die laaste paaltjie geneem om vir SA die wen te besorg.
Vroeër het Bryce Parsons se 40 met die kolf vir SA na 200 geneem, voordat Afganistan vir 191 in ‘n naelbytstryd uitgeboul is.
SA se o.19s het van hulle toer teruggekeer en waardevolle ondervinding opgedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






