NewsNews

NWU lewer die grootste slaagsyfer vir eerste-keer GR-kandidate

Die Noordwes-Universiteit (NWU) spog met die meeste geoktrooieerde rekenmeesters kandidate, boonop is twee van die kandidate van die NWU onder die top drie in Suid-Afrika.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) spog met die meeste geoktrooieerde rekenmeesters kandidate, boonop is twee van die kandidate van die NWU onder die top drie in Suid-Afrika.

Franco Bosman het in die eerste plek geëindig en Ida Mittermaier was derde.

Die Institute of Chartered Accountants of Namibia (ICAN) het ook hul uitslae bekendgemaak. Die universiteit het ook drie kandidate in die Namibiese top vyf: Elanie Opperman was tweede, Cholwe Phiri vierde en Agnes Nanyeni vyfde.

“Dit is beduidend dat ons weer die top-universiteit is. Dit is ʼn ware weerspieëling van ons dosente en die bestuur se toewyding om geoktrooieerde rekenmeesters op te lei wat ten volle toegerus is om die werkplek te betree,” het prof. Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, tydens die bekendmaking van die resultate gesê.

Volgens die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding is geoktrooieerde rekenmeesters onder die top 100 skaarste individue in die land. Die Noordwes-Universiteit (NWU) het ʼn poging aangewend om hierdie tekort aan te spreek deur onder die top-universiteite in die land geplaas te word.

Die NWU het 92 studente vir die Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC: kwalifiserende eksamen deel 1) gelewer en was, saam met die Universiteit van Pretoria, eerste uit 16 universiteite, met ʼn slaagkoers van 94% vir die kandidate wat die toets die eerste keer aflê.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier, wens die studente wat die eksamen geslaag het geluk. Hy sê die NWU is konstant onder die top universiteite in dié verband.

Die SAIGR se doel is om sy rasse-demografie in ooreenstemming met dié van die nasionale bevolking te verander.

Prof. Nico van der Merwe, programleier van die GR-program op die NWU se kampus in Potchefstroom, sê al hul NWU *Thuthuka-kandidate het hul eerste probeerslag geslaag.

*Deur die Thuthuka Bursary Fund-projek plaas die SAIGR ten volle geborgde swart en Bruin studente by geselekteerde SAICA-geakkrediteerde universiteite.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button