NewsNews

Maatskaplike werkers in Potch eindig staking na vyf maande

Maatskaplike werkers van die Tlokwe dienskantoor is gister (1 April) terug werk toe nadat hulle vir vyf maande en vyf dae gestaak het.

Maatskaplike werkers van die Tlokwe dienskantoor is gister (1 April) terug werk toe nadat hulle vir vyf maande en vyf dae gestaak het.

Die meeste maatskaplike werkers het aan die staking deelgeneem terwyl slegs ‘n handjievol gespook het om basiese maatskaplike dienste aan die gemeenskap te lewer.

Die stakers het al op 5 Junie 2018 ‘n memorandum aan die waarnemende distrikshoof van maatskaplike ontwikkeling (Noordwes), Mev. Mogari, oorhandig waarin hulle, hulle eise en klagtes uiteengesit het. Hulle is ontevrede met die bestuurder van die Tlokwe dienskantoor, Johline Steenkamp. Die stakers beskuldig haar onder meer van swak bestuur en rassisme. Hulle is ook ontevrede oor personeel van die Ventersdorp dienskantoor en wil hulle nie in Potchefstroom gestasioneer hê nie.

Die stakers het Johlene al verlede jaar belet om haar kantoor by die Tlokwe dienskantoor in Dassierand te besoek. Sy het egter haar werk by die distrikskantoor van maatskaplike ontwikkeling in Klerksdorp voortgesit.

‘n Speurder is aangestel om die ontevrede maatskaplike werkers se klagtes te ondersoek. Die waarnemende hoof van maatskaplike ontwikkeling, Itumeleng Mogorosi, het bevestig dat Johline steeds die huidige bestuurder van die Tlokwe dienskantoor is. Sy is nie na ‘n ander posisie oorgeplaas nie maar sal nie na haar kantoor in Dassierand terugkeur voordat die ondersoek afgehandel is nie.

Johline Steenkamp het alle navrae na die departement van maatskaplike ontwikkeling toe verwys.

Teen tyde van publikasie het die departement nog nie op die Herald se navrae op kommentaar reageer nie.

Lees meer oor die stakers se klagtes en hoe hulle staking die gemeenskap van Potchefstroom benadeel het in vandeesweek se Herald.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button