
Annette Hattingh, ‘n geliefde inwoner met ‘n lang familiegeskiedenis in Potchefstroom, het Saterdag, 30 Maart in die ouderdom van 75 jaar die stryd teen lewerkanker verloor. Haar siekbed was kort. Sy is op 18 Februarie in Mediclinic Hopsitaal opgeneem waarna sy die derde Maart met kanker gediagnoseer is.

Annette het veral diep spore in die onderwys getrap. Sy was self ‘n laerskoolleerling van President Pretorius (PP) Laerskool en het haar onderwyssirkel voltooi toe sy in 1964 ‘n pos as onderwyseres by dieselfde skool aanvaar het. Haar toegeweidheid, geduld en liefde vir kinders het haar een van die mees gesogte graad een onderwyseresse gemaak. Sy het ongeveer 1200 kinders leer lees en skryf. Ouers het spesiaal hulle kinders se name op ‘n waglys geplaas om by haar in die klas te wees. Selfs na haar aftrede het die Noordwes Universiteit haar gevra om vir ‘n tydperk by Dept. Opvoedkunde te doseer.
Sy laat haar man, Louw Hattingh, drie kinders – Marlize Dingman, Jaco Hattingh,Jolaine Hattingh Ford – asook ‘n kleinseun, Dewyk Hattingh agter.
Lees meer oor Annette in die 18 April 2019 Herald.



