NewsNews

Jaarlikse parade gekanselleer

Die jaarlikse nooddienste parade wat deur die plaaslike brandbeskermingsvereniging (BBV) aangebied word, is op die nippertjie gekanselleer.

Die jaarlikse nooddienste parade wat deur die plaaslike brandbeskermingsvereniging (BBV) aangebied word, is op die nippertjie gekanselleer.

Dié parade sou moreoggend (8 Junie) plaasgevind het. Volgens Kobus Roux, voorsitter van die BBV, sou die parade deel van die BBV se 30-jarige bestaansvieringe vorm. Daar was reeds vanoggend (7 Junie) ‘n suksesvolle kerkdiens as deel van die vieringe gehou.

Volgens Roux was die papierwerk, vir die aansoek by die polisie om die parade te hou, nie volledig nie.

“Dit het gegaan oor die kategorisering van die gebeurtenis. Ons het nie in die aansoek aangewys of die gebeurtenis hoë, medium of lae impak op die gemeenskap sal hê nie,” het Roux gesê.

Die Herald het navraag by die polisie gedoen oor die kanselasie, maar ten tyde van publikasie is nog geen terugvoer ontvang nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button