Foto’s: Volkies laat hul op hul wag met puik vertonings nie
Hoër Volkskool Potchefstroom het die afgelope naweek teen Hoërskool Wagpos in die Luiperds Noordwes Skoleliga nie op hulle gewag nie en die Brits-skool met hulle sterte tussen hulle bene huis toe gestuur. Die o.14A, o.15A en o.16A-spanne was kookwater en het elkeen groot oorwinnings behaal. Foto’s: Wouter Pienaar Volkies se eerstespan het ook ‘n goeie …

Hoër Volkskool Potchefstroom het die afgelope naweek teen Hoërskool Wagpos in die Luiperds Noordwes Skoleliga nie op hulle gewag nie en die Brits-skool met hulle sterte tussen hulle bene huis toe gestuur. Die o.14A, o.15A en o.16A-spanne was kookwater en het elkeen groot oorwinnings behaal.
Foto’s: Wouter Pienaar
Volkies se eerstespan het ook ‘n goeie 43-7 wen behaal, maar die telling kon nog groter gewees het as dit nie vir ‘n paar onnodige foute was nie. Nietemin was dit ‘n belangrike wen, veral met Volkies wat volgende Donderdag (13 Junie) teen KHS in die halfeindstryd te staan kom.
Uitslae: (Volkies se telling eerste)
1ste span 43 – 7
2de span 21 – 0
3de span 18 – 12
4de span 7 – 19
o.16A: 62 – 8 b
o.16B: 36 – 14
o.15A: 52 – 0
o.15B: 12 – 22
o.14A: 55 – 5
o.14B: 15 – 13
























