NewsNews

Suid-Afrikaanse Musiekkonserte by die Noordwes Universiteit

Hierdie jaar se Suid-Afrikaanse Musiekkonserte by die Noordwes Universiteit is weer deel van ʼn reeks gebeurtenisse wat die fokus plaas op werke wat deur Suid-Afrikaanse komponiste geskep is.

Hierdie jaar se Suid-Afrikaanse Musiekkonserte by die Noordwes Universiteit is weer deel van ʼn reeks gebeurtenisse wat die fokus plaas op werke wat deur Suid-Afrikaanse komponiste geskep is.

Die konsert word soos in die verlede georganiseer deur ISAM (Informasiesentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek) en geborg deur Concerts SA. Die eerste konsert in Julie fokus op elektroakoestiese komposisies deur Miles Warrington, Chris van Rhyn en Jaco Meyer.

Jaco se komposisie het ʼn party vir solofluit wat deur George Fazakas gespeel sal word. Die gehoor sal ook ʼn komposisie van ʼn Argentynse komponis hoor – Mauro Zannoli wat onlangs sy M.Mus. in Komposisie aan die Noordwes Universiteit voltooi het.

Buitengewone klanke sal ook gehoor word deur twee werke van Hannes Taljaard wat deur Katya Bessarabov en Christelle Engelbrecht uitgevoer sal word. Die komponiste (of hulle verteenwoordigers) sal ʼn paar woorde oor elkeen van die elektroakoestiese werke met die gehoor deel, en hulle so inlei in ervarings wat selde in Potchefstroom moontlik is.

Die konsert vind op Dinsdag, 30 Julie 2019 om 19:30 in die konservatoriumsaal van die Skool vir Musiek, Noordwes-Universiteit plaas. Vir kaartjies en navrae, skakel 018 299 1692.

Kaartjies teen R100/R70 is beskikbaar by die Konservatorium in Thabo Mbeki-weg (tel. 018-299-1692), PUK-Kunste in die Heimatgebou (F9) op die universiteitskampus (tel. 018-299-2844), Protea Boekwinkel op die Bult (tel. 018-297-1583), aanlyn by www.artema.co.za en www.facebook.com/NWU.Music, of 30 minute voor die konsert by die loket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button