Puk-student se lewe verander na sy ‘famous’ word
Megan Danner is ‘n derde jaar Puk-student wat vroeër vanjaar die derde plek in KykNET se musiekprogram, "Maak my famous"behaal het. Sy was aanvanklik een van 48 finaliste.
Sy is ‘n Kapenaar wat die blou berge vir die plat oop vlaktes van die Noordwes verruil het toe sy drie jaar gelede by die Puk vir dieëtkunde ingeskryf het. Megan se ma het haar, sonder haar wete, die begin van die jaar vir die “Maak my famous” kompetisie ingeskryf. Toe sy as een van die 48 finaliste gekies is, was sy baie bly en opgewonde, want musiek was nog altyd deel van Megan se lewe.
Haar derde plek het gesorg dat sy ‘n jaarlange musiekkontrak het wat vir haar optredes reël. Deesdae moet sy haar tyd mooi beplan tussen klastyd en musiekoptredes, daarom was die Herald gelukkig om ‘n halfuur met haar oor haar lewe te gesels. Lees meer oor Megan Danner in die Herald wat Donderdag, 12 September verskyn.







