
‘n Eerstejaar student aan die NWU se Potchefstroomkampus sê hy het nooit ‘n medestudent die K-woord genoem, soos sy hom van beskuldig nie.
Die Herald het in verlede week se uitgawe (12 September) oor die voorval wat glo op 24 Augustus by Campus Key plaasgevind het berig.
Die Herald kon intussen met die mansstudent se prokureur oor die beweerde voorval praat. Hy ontken dat hy haar enigsins die K-woord genoem het en gaan haar vra om haar “valse aantygings” terug te trek.
Lees die volledige opvolg in die week (19 September) se Potchefstroom Herald.
Die video is deur die klaer op die aand van die voorval geneem en op Facebook versprei. In die video het die klaer se vriende die mansstudent en sy vriendin gekonfronteer. Die gebeure in die video speel volgens die klaer na die beweerde rassistiese vooval af.
Die Herald maak nie die student wat van rassisme beskuldig word se identiteit bekend nie aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie.



