NewsNews

Brand by Supermark op die Bult

'n Brand het gisteraand (21 November) by die OK Grocer in Cachetpark ontstaan.

‘n Brand het gisteraand (21 November) by die OK Grocer in Cachetpark ontstaan.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle omstreeks 21:30 ‘n alarm van die perseel ontvang waarna hulle reageer het.

Die brandweer en die NWU se beskermingsdienste was ook op die toneel om die brand onder bedwang te bring. Die brand het glo in die kombuisarea van die supermark ontstaan.

Die Herald het vanoggend (22 November) die Supermark besoek. Die skade is nie so erg dat besigheid gestaak moes word nie. Slegs ‘n gedeelte van die winkel is toegespan.

Die presiese oorsaak van die brand is nog onbekend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button