SportSport

150 vir NWU Krieket se hotklou

Met sy onortodokse houe, wat omgekeerde veeghoue en trekhoue insluit, is hierdie eerstejaar een van die opwindendste spelers om na te kyk.

Die nuwe hotklou kolwer van die NWU Krieketklub, Eben Botha, het die afgelope naweek met ‘n puik 150 paar sy stempel in Noordwes Krieket begin afdruk.
Met sy onortodokse houe, wat omgekeerde veeghoue en trekhoue insluit, is hierdie eerstejaar dalk nie tegnies die mees klassieke speler nie, maar een van die opwindendste om na te kyk.

Botha het nou sy eerste hondertal in die Noordwes Premierliga aangeteken teen Potch Dorp 2 die afgelope naweek op die NWU-Oval. Voorheen het Botha tydens die NW Akademie week ‘n hondertal gemoker, maar hierdie een in ‘n ligawedstryd was iets meer besonders. Sy beurt het 17 viere en drie sesse ook ingesluit teen ‘n kolftempo van 125.

Met hierdie beurt op nommer drie in die kolforde, blyk dit dat hy nou hierdie posisie sy eie gaan maak.

“Ek geniet dit om op nommer drie te kolf. Ek het voorheen altyd die kolfwerk geopen op skool, maar met hierdie jaar se Varsity Krieket het ek na drie geskuif en dit het goed vir my gewerk,” vertel Botha, wat B.Com. Bemarking aan die NWU studeer.

Botha is ‘n voormalige matrikulant van Hoërskool Waterkloof, wat al talle top krieketspelers soos die Malan-broers (Janneman, André en Pieter), Roelof van der Merwe en Hardus Viljoen, opgelewer het.

Botha is wel besig om sy eie pad oop te maak in Potchefstroom en wil alles in sy krieketreis stap vir stap vat.

“Ek het die afgelope naweek my eerste eendagwedstryd vir die Noordwes Dragons gespeel, so dit was vir my fantasties.
Ek vat my krieket stap vir stap en geniet dit.”

“Die Varsity Krieket-toernooi het my seisoen aan die rol gesit en ek het daar reeds lekker selfvertoue begin bou. Ek geniet die reverse sweeps omdat dit iets is wat die boulers se planne deurmekaar krap en dit is lekker as dit mooi afkom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button