NewsNews

Man kritiek na trok en sleepwa bots

"Die J.B. Marks en Matlosana brandweerdienste moes die man uit die voertuig sny

Die 39 jarige bestuurder van swaarvoertuig is gister (18 Desember) na ń privaathospitaal in Klerksdorp geneem.

Dit nadat nooddienste hom uit die wrak van die voertuig moes bevry. Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici sowat 12:40 op die toneel gekom. Die swaarvoertuig het glo reg van voor met ń sleepwa wat los gekom het, gebots.

“Die J.B. Marks en Matlosana brandweerdienste moes die man uit die voertuig sny terwyl paramedici hom gestabiliseer het,” het Campbell gesê.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend maar owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button