NewsNews

VIDEO: Kragboks brand na storm

Sekere dele van Potchefstroom was gister (9 Januarie) vir 'n verdere vier ure in die donker gelaat nadat geskeduleerde beurtkrag gestaak is. 

Sekere dele van Potchefstroom was gister (9 Januarie) vir ‘n verdere vier ure in die donker gelaat nadat geskeduleerde beurtkrag gestaak is.

‘n Groot storm wat op die stad neergesak het, het probleme met die elektrisiteitstoevoer veroorsaak. LimaTac het op hulle Facebook blad ‘n video gedeel van ‘n kragboks wat glo deur weerlig getref is en aan die brand geslaan het.

Die kantoor van die burgemeester het ‘n verklaring uitgereik wat verduidelik dat die sterk winde ook ‘n groot rol gespeel het omdat dit een van die toevoerlyne los gewaai het.

Die krag na Mohadin, Promosa, die Bult, Sentraal, Miedderpark en Suiddorp het teen ongeveer 20:30 weer aangekom. 

Verskeie inwoners het die munisipale beamptes van die elektrisiteitsafdeling bedank vir die werk wat hulle in moeilike omstandighede gedoen het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button