NewsNews

VIDEO: Spoegwolf sing vir studente selfs na afstel van JOOL optrede

Die musiekgroep Spoegwolf het verlede Donderdagaand spontaan ‘n vertoning in die plaaslike Albuquercue Spur gegee. 

Die musiekgroep Spoegwolf het verlede Donderdagaand spontaan ‘n vertoning in die plaaslike Albuquercue Spur gegee.

Die beplande Joolkonsert van verlede Donderdag (30 Januarie) is afgestel weens ‘n hewige donderstorm wat die Joolplaas in puin gelaat het. Al die optredes vir Donderdagaand is gekanselleer.

Spoegwolf was een van die musiekgroepe wat nie kon optree nie.

Chris von Wielligh, ‘n kitaar- en klavierspeler van Spoegwolf, sê dat een van die studente ‘n kitaar uit sy kattebak gaan haal het en gevra het dat hulle tog maar iets vir hulle kan sing.

“Dit is die eerste keer dat ons so onverwags optree. Ons het dit vreeslik geniet. Ons hoofsanger, Danie du Toit, het selfs op ‘n tafel gedans”, vertel Chris.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button