EntertainmentLifestyleNewsNewsSponsored

Rooy Kosmark en Kattebakverkoping hierdie Sondag

Studente wat hul studentekaarte by die kosmark toon, ontvang ‘n gratis nie-alkoholiese bier – die Devil’s Peak Zero to Hero.

Die Rooy Kosmark en Kattebakverkoping (Car Boot Sale) vind op Sondag, 23 Februarie by die Van Rooyensaal (Piet Bosmanstraat) plaas. Van 10:00-15:00 word daar gekoop en verkoop, geproe en ervaar.

Studente wat hulle studentekaarte by die kosmark toon, ontvang ‘n gratis nie-alkoholiese bier – die Devil’s Peak Zero to Hero.

Terwyl plaaslike musikante musiek maak, kan fynproewers onder meer kies tussen heerlike Maleise lamskerrie, tradisionele skaapafval, beesstert met stampmielies, kerrie en rys en outydse lewerkoekies. Dan is daar ook geurige koffie en soetigheid soos draairoomys en ‘n wye verskeidenheid brownies te koop.

Diegene wat hou van ‘n meer unieke voorkoms kan kies tussen silwer julweliersware, leerprodukte en boheemse klere. Hout en draad handwerkprodukte is ook te koop.

Versamelaars van oudhede kan met die Kattebakverkoping (Car Boot Sale) dalk ‘n verrassing of twee ontdek.

Moenie die kinders by die oppasser los nie, want vir hulle is daar poppekas, sprokiesagtige gesigverf, ‘n springkasteel en ‘n verskeidenheid speletjies.

Diegene wat graag nog deel wil wees van die mark en hul produkte of goedere wil verkoop, kan gerus vir Tania by 079 918 2092 kontak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button