Die Suid-Afrikaanse skeidsregter en oud-Potch Volkie, Arno Jacobs het Sondag (18 Oktober) sy toetsdebuut as skeidsregter in die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië gemaak het. Hierdie vyf-dag toets sal moontlik tot 22 Oktober duur.
Dit is treffend dat Jacobs (49) hierdie mylpaal op St George’s Park in Gqeberha behaal, aangesien hy die meerderheid van sy eersterangse loopbaan as speler op hierdie veld deurgebring het.
Jacobs het onlangs ook sy eendag internasionale debuut tydens die reeks tussen Suid-Afrika en Australië in September gemaak. Jacobs is ook ‘n NWU-alumni en het vir beide die NWU Krieketklub en die Dragons gespeel.
Jacobs is die 58ste Suid-Afrikaner wat as skeidsregter in toetskrieket optree. Suid-Afrika is bekend vir ‘n lang lys internasionale toetsskeidsregters soos Cyril Mitchley, Marais Erasmus en Rudi Koertzen.



