Skep kuns ten bate vir Teaterfonds
Kunstenaars word aangemoedig om ten bate vir die Teater Welwillendheidsfonds kunswerke in die 21 dae van afsondering te skep
Kunstenaars word aangemoedig om ten bate vir die Teater Bystandsfonds kunswerke in die 21 dae van afsondering te skep.
Drie kunstenaars van Potchefstroom – Dedré Victor, Cronjé Lemmer en Roy Vierra Forte – wil hoop skep vir akteurs wat in dié moeilike tye nie ‘n inkomste kan genereer nie. Hulle daag kunstenaars uit om klein kunswerke van 15cm x 20cm (A5 grootte) te maak. Enige medium kan gebruik word. Hulle inisiatief word die “Create.21” projek genoem.
‘n Kunsuitstalling word daarna georganiseer waar dié werke verkoop sal word. Fondse wat genereer word, sal alles aan die Teater Bystandsfonds (Theater Benevolent Fund) geskenk word.
Vir navrae, kontak Dedré 082 922 8078, Cronjé 082 335 4548 of Roy 079 072 2892.




