Munisipaliteit verwyder nou ook gesnyde gras
Die J.B Marks munisipaliteit sal nou ook grassnysels saam met huishoudelike afval verwyder. Die gesnyde gras moet netjies verpak word en langs die sakke met huishoudelike afval gepak word. Let op dat die sakke met grassnysels slegs gras mag bevat en glad nie gemeng mag word met takkies, grond, blare of enige ander tuinafval nie …

Die J.B Marks munisipaliteit sal nou ook grassnysels saam met huishoudelike afval verwyder.
Die gesnyde gras moet netjies verpak word en langs die sakke met huishoudelike afval gepak word.
Let op dat die sakke met grassnysels slegs gras mag bevat en glad nie gemeng mag word met takkies, grond, blare of enige ander tuinafval nie anders sal dit nie opgelaai word nie.
Die munisipaliteit doen ‘n beroep op die gemeenskap om die res van hulle tuinafval net so in hulle erwe te stoor tot ná die inperkingstydperk.
Die verwydering van grassnysels deur die munisipaliteit is slegs ‘n tydelike reëling wat alleen tydens die inperkingsperiode sal geld.
Volgens die woordvoerder van die munisipaliteit, William Maphosa, word inwoners aangeraai om by die huis te bly en afval nie op enige plek onwettig te stort nie: “Die gemeenskap wat die reëlings verontagsaam, sal vir die oortreding van inperkregulasies vervolg word.”




