NewsNews

Inbreker noodgedwonge doodgeskiet

'n Verdagte is vanoggend omstreeks 05:30 in Pretoriusstraat doodgeskiet. 

‘n Verdagte is vanoggend omstreeks 05:30 in Pretorius-straat doodgeskiet.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die sekuriteitsmaatskappy na ‘n alarm by ‘n huis in die straat reageer.

“Die beamptes het een verdagte op die perseel gevind,” vertel Haefele.

Hy het glo die beampte met ‘n skroewedraaier aangeval. Tydens die onderonsie is die beampte beseer.

“Die ander beampte wat saam reageer het, het geen keuse gehad nie. Hy moes die verdagte skiet,” verduidelik Haefele.

Die verdagte is op die toneel dood verklaar.

“Die verlies van lewe is nooit ons bedoeling nie en alhoewel ons elke moontlike voorsorg tref om voorvalle te hanteer sonder lewensverlies, is die veiligheid van ons beamptes vir ons van kardinale belang,” het Haefele vertel.

Die beseerde beampte is deur ER24 hospitaal toe vervoer. Volgens Haefele het die beampte gelukkig slegs ligte beserings aan sy kop opgedoen.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button