EntertainmentNewsNews

Gimmie sangstudent semi-finalis in nasionale Eisteddfod kompetisie

Lara Badenhorst het met die tweede rondte Ivor Novello se “Waltz of my heart”, onder begeleiding van dr. Truida van der Walt, gesing en vir 'n tweede keer haar afdeling gewen.

Lara Badenhorst, ‘n sangstudent van die NWU konservatorium, is ‘n semi-finalis om die Nasionale Eisteddfod se jong kunstenaartoekenning te ontvang. Die Nasionale Eisteddfod Akademie bied jaarliks dié gesogte kompetisie aan vir jong musikante, dansers en dramastudente regoor die land wat in vier rondtes moet kompeteer om uiteindelik as ‘n wenner aangewys te word.

Vir Lara is dit ‘n groot droom wat verwensenlik word, omdat dié graad 12 Gimmie-leerling hoofsaaklik vanjaar op haar akademie moet fokus om volgende jaar toelating tot die universiteit te kry.

Sy het baie deursettingsvermoë, want die geluk was teen haar toe sy in September 2019 laringitis opgedoen het en nie aan die eerste rondte wat in Potchefstroom aangebied is, kon deelneem nie. Haar ma het die inskrywing toe na ‘n video-inskrywing verander wat hulle in Oktober 2019 ingestuur het. Met hierdie video het sy toe vir die eerste rondte van die kompetisie gekwalifiseer en is as die wenner van haar afdeling aangewys.

Met die tweede rondte vroeër in Maart het sy Ivor Novello se “Waltz of my heart”, onder begeleiding van dr. Truida van der Walt, gesing en weer haar afdeling gewen.

Lara sing al van kleins af en haar ouers het haar op vyfjarige ouderdom vir sanglesse ingeskryf op aandrang van haar ouma wat haar talent vroeg raakgesien het. “As ek by my ouma gaan kuier het, het ek altyd haar André Rieu DVD’s gekyk en later begin saamsing,” sê sy.

Lara het op Henneman in die Vrystaat grootgeword en het in graad 10 na Gimmies oorgeskuif. Sy het ‘n koshuisinwoner geword om by die konservatorium te kon sanglesse kry. Lara is baie gelukkig by die skool en in die koshuis. “Saam met die konservatorium is ek al soveel geleenthede aangebied waarvoor ek baie dankbaar is,” sê sy.

Sy het net die grootste lof vir haar sangdosent, Antoinette Olivier. “Sy het beslis my liefde vir sang net nog sterker gemaak, omdat sy vir my wys wat ek eintlik kan doen. Dit is die lekkerste ding as ons saam aaan my tegniek werk en ek kry dit reg. Sy het soveel omgee in haar hart en sy pas my stem soos goud op.”

Lara beveel jong sangers aan om aan kunswedstryde en kompetisies deel te neem omdat dit jou iets gee om voor te werk.

“Hoe meer kunswedstryde en kompetisies jy aan deelneem, hoe groter is die kans om raakgesien te word,” sê sy.

Sy hoop dat die inperkingstyd vining sal verbygaan sodat sy weer haar roetine kan volg om aan haar sang te werk, want sonder ‘n vasgestelde oefentyd is dit moeilik om baie streng met haarself te wees en haar stem in oefening te hou.

Lara se voorlaaste kompetisierondte was vir 13 Mei geskeduleer, maar met die inperking sal dit waarskynlik verander.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button