CommunityNewsNewsPhoto Galleries

AfriForum ontferm hul oor haweloses en bejaardes

AfriForum het Dinsdag, 19 Mei 100 materiaal gesigmaskers by Ons Hulde Aftree-oord en 25 liter handreiniger by Huis Hebron afgelaai.

AfriForum het hulle ontferm oor Potchefstromers wat die mees weerloos is teen die koronavirus en het Dinsdag, 19 Mei 100 materiaal gesigmaskers by Ons Hulde Aftree-oord en 25 liter handreiniger by Huis Hebron afgelaai.

‘n Lid uit die gemeenskap het die gesigmaskers aan AfriForum geskenk sodat hulle dit na goeddunke kan uitdeel. Die bestuur van die aftree-oord was baie dankbaar vir die skenking en het gesê dat hulle elke masker gaan merk en aan die inwoners sal uitdeel.

AfriForum-lede oorhandig gesigmaskers aan bestuurslede van Ons Hulde Aftree-oord. Foto: Verskaf

Huis Hebron, ‘n skuiling vir haweloses net buite Potchefstroom, was net so dankbaar oor die handreiniger aangesien hulle begroting fyn gesny word en daar nie juis geld is om hierdie ekstra noodsaaklikheid nou aan te koop nie. Die AfriForum-span is hier hartlik ontvang en vir ‘n vinnige toer geneem. Hierdie skuiling vir haweloses ontvang graag enige skenkings van die publiek – van kos tot items waarvan mense ontslae wil raak. Inwoners wat handwerk doen gebruik enige artikels om iets uit niks te vervaardig.

“Dit maak ’n mens se hart warm om iets kleins aan instansies te gee en dan is die waardering daarvoor so oorweldigend. Daar is soveel nood daar buite – voedselnood, maar ook ander nood. Kom ons maak ons oë en harte oop en gee uit oorvloed,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Mense wat graag by AfriForum se inisiatief betrokke wil raak om uit te reik na die gemeenskap kan Leanie van Ronge by 072 314 1774 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button