CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Onsekerheid heers oor heropening van skole

Onsekerheid oor die heropening van skole heers nadat die onderwysunies en nasionale beheerliggaamsverenigings Saterdagaand met die minister van basiese onderwys, Andie Motshekga, vergader het om die heropening van skole te keer. 

Matrieks en Graad-7 leerlinge het Sondagmiddag, 31 Mei rondom 14:00 ‘n skrywe van hulle skole ontvang waarin hulle verwittig is dat hulle skole nie Maandag, 1 Junie sal heropen nie.

Hoewel die onderwyswoordvoerder, Elijah Mhlanga, later Sondagaand in ‘n verklaring gesê het dat skole eers op 8 Junie sal heropen, kan hierdie datum weer verander omdat die minister van basiese opvoeding, Angie Motshekga, die media 11:00 vandag (Maandag, 1 Junie) weer gaan toespreek om die amptelike reëlings te kommunikeer.

Dié skielike verandering van planne volg nadat verteenwoordigers van onderwysunies en nasionale beheerliggaamsverenigings Saterdagaand met Motshekga vergader het om die heropening van skole te keer.

Hulle het al Vrydag ‘n verklaring uitgereik waar hulle die opening van die skole op 1 Junie ten sterkste veroordeel. Volgens hulle is die gesondheid- en veiligheidstandaarde van baie skole in die provinsies nog nie op standaard nie.

Hoewel Motshekga ‘n 10-dae grasieperiode gegee het vir dié skole om hulle standaarde in plek te kry, voer die unies en verenigings aan dat dit onregverdig teenoor dié skole is en dat niemand agterweë gelaat moet word nie. Hulle wil hê skole regoor die land moet eers heropen wanneer almal hulle persoonlike beskermende toerusting ontvang het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button