NewsNews

Agt beseer toe vier voertuie op N12 bots

Sewe mense, insluitend 'n agt maande oue baba, is vanoggend beseer toe vier voertuie gebots het.

Sewe mense, insluitend ‘n agt maande oue baba, is vanoggend beseer toe vier voertuie gebots het.  Die ongeluk het op die N12 ongeveer 15km buite Potchefstroom in die rigting van Klerksdorp plaasgevind.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder,  het paramedici, provinsiale nooddienste en die brandweer op die ongelukstoneel gekom waar hulle die vier voertuie langs die pad gevind het.

Mediese personeel het die pasiënte te hulp gesnel en het vasgestel dat twee persone ernstige beserings opgedoen het, terwyl ses ander pasiënte, insluitend die babadogtertjie, lig tot matig beseer was.

Die beseerde pasiënte was op die toneel behandel en die twee wat ernstige beserings opgedoen het, het pynmedikasie ontvang voordat hulle na die naaste hospitale geneem is.

Na bewering het rook van ‘n nabye veldbrand ook tot die botsing aanleiding gegee.

Plaaslike owerhede het die toneel verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button