SportSport

Gimmies bied Saterdag pretdraf aan

Deelnemers kan enige tyd vanaf 09:00 tot 18:00 aan die pretdraf deelneem met hulle deelname tye wat aanlyn geregistreer sal word.

Potchefstroom Gimnasium gaan Saterdag, 6 Junie, die eerste Potchefstroomse skool word wat ‘n “lockdown” pretdraf aanbied met die skool wat huidige Gimmies, oud-Gimmies en die hele gemeenskap na die 5km pretdraf nooi.

Deelnemers kan enige tyd vanaf 09:00 tot 18:00 aan die pretdraf deelneem met hulle deelname tye wat aanlyn geregistreer sal word. Die wedloop kom ook op die perfekte tyd in vlak 3 met minder taai regulasies rakende oefening. Die inskrywingsfooi is R 50.

“Een van die groot trekpleisters na die wedloop is dat deelnemers foto’s van hulle neem om te wys hoe hulle deelgeneem het. Die skool sal dan Maandag al die foto’s op Gimmies se sosiale media plaas,” noem organiseerder, Soekie Coertzen.

Foto’s moet na andrea@gimmies.co.za gestuur word.

Die skakel om in te skryf is https://tinyurl.com/gimmie5k

Lees meer in hierdie week se uitgawe van Potchefstroom Herald. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button