NewsNews

Bestuurder lig beseer nadat bakkie paar keer rol

‘n Middeljarige man (52) het Saterdagoggend (13 Junie) wonderbaarlik slegs ligte besering opgedoen nadat sy voertuig ‘n paar keer in Rossstraat gerol het. ‘n Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê paramedici en plaaslike nooddienste het net na 02:00 op die ongelukstoneel afgekom waar hulle die erg beskadigde bakkie gevind het. Die 52 jarige bestuurder was …

‘n Middeljarige man (52) het Saterdagoggend (13 Junie) wonderbaarlik slegs ligte besering opgedoen nadat sy voertuig ‘n paar keer in Rossstraat gerol het.

‘n Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê paramedici en plaaslike nooddienste het net na 02:00 op die ongelukstoneel afgekom waar hulle die erg beskadigde bakkie gevind het. Die 52 jarige bestuurder was binne die voertuig vasgekeer.

Die brandweer het spesiale gereedskap gebruik om hom uit die wrak te bevry. Daarna het paramedici vasgestel dat hy slegs ligte skaafwonde opgedoen het.

Die man is later na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hy volledige ondersoek is. Die presiese omstantighede rondom die ongeluk is nog onbekend. Die polisie het die ongelukstoneel besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button