NewsNews

Volkies ingerig vir afstandleer met nuwe ateljee

Om die e-Volkie nog meer suksesvol te maak, is ‘n opname-ateljee met professionele kamera’s, klank- en beligtingstoerusting ingerig om personeel te help met hoë kwaliteit video-opnames van hul lesse.

Met die groot kommer wat tans heers oor die kwessie of skole te midde van stygende Covid 19-gevalle weer gesluit gaan word, het die bestuur van Hoër Volkskool Potchefstroom, hul e-leersisteem ‘n stappie verder geneem.

Kyk die video hier:

https://www.youtube.com/watch?v=VS0a-cD17KQ&feature=youtu.be

Die e-Volkie stelsel, is ‘n platform waar elke Volkie leerder ‘n gebruikersnaam en wagwoord het om in te teken op ‘n webblad spesiaal vir Volkies.  Onderwysers plaas video-lesse, opsommings en huiswerk op die blad, wat deur die leerders afgelaai kan word.  Aanlyntoetse word ook gebruik om die leerders se vordering te volg.  Die skool het by twee van hul parkeerarea’s gratis datapunte aangebring om dit moontlik te maak vir leerders om hul werk gratis af te laai.

 

Volkskool bied ook aan voornemende 2021 gr 8’s wat reeds aanlyn ingeskryf het, toegang tot e-Volkies waar daar  ekstra gr. 7-Wiskundelesse vir hul beskikbaar gestel word.

Om die e-Volkie nog meer suksesvol te maak, is ‘n opname-ateljee met professionele kamera’s, klank- en beligtingstoerusting ingerig om personeel te help met hoë kwaliteit video-opnames van hul lesse. Hierdie lesse word dan op e-Volkies sowel as op ‘n Youtube kanaal aan leerders beskikbaar gestel.

Hierdie is ‘n groot inisiatief wat ‘n rol speel in die suksesvolle kontinuïteit van leerders se akademiese jaar. Omdat leerders se veiligheid ‘n prioriteit is, moet skole ten alle tye op hoogte bly van nuwe tegnologie waarmee leerders nog steeds optimale akademiese onderig, in die veiligheid van sy huis, kan ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button