Potch rooi geverf in protes
Verskeie geboue en besighede in Potchefstroom het die spreekwoordelike noodlig laat skyn.
Verskeie geboue en besighede in Potchefstroom het die spreekwoordelike noodlig laat skyn in protes teen die verbod op gebeurtenisse wat sedert Maart weens die Covid-19 pandemie in Suid Afrika ingestel is.
Die #LightSAred hoop dat die regering en finansiële instellings finansiële verligting uitbrei aan diegene wat ‘n inkomste in die tegniese produksie- en live events-industrie verdien totdat hulle toegelaat word om weer te begin werk.

MSM Produksies het hulle parkeerterrein Woensdagaand in rooi belig. Volgens Sf van der Westhuizen van MSM produksies was 505 geboue in Suid Afrika Woensdagaand met rooi belig.
Texas Rock Bar het Dinsdagaand, weereens die Jou Ma se Potch vertonings gehou, maar met die verskil dat die hele verhoog met rooi belig was.





