Local newsNewsNews

‘Ons is so geseën…’

Dit is vir ons ‘n vreugde en groot beloning as mense uitstap en ons kom bedank vir die voorreg om op so ‘n waardige manier klere te kon koop,

Dit is die woorde van soveel besoekers aan die Second Life Goods Store wat die afgelope jaar en ‘n half tweedehandse klere en goedere aan die publiek verskaf.
Second Life Goods Store het op 1 April 2019 sy deure in die Gerrit Worst kerksaal van die NG Moedergemeente in Beyers Naudestraat 79, geopen. Die saal is langs die publieke swembad in die stad.

Die doel van die winkel is om vir mense die kans te gee om op ‘n waardige manier tweedehandse klere uit te soek en dit teen ‘n fraksie van die prys van nuwe klere te koop.
Die winkel bied ook die geleentheid aan mense wat hulle kaste uitpak, om met vreugde hulle klere, kombuisware en ander goedere te skenk. Die tweedehandse goedere-projek is ‘n gemeenskapsprojek wat ontstaan het saam met ‘n hele paar rolspelers, waarvan die Sakekamer en ‘n paar gemeentes ‘n belangrike rol gespeel het.

Die projek het ook werk verskaf aan mense wat werkloos was.
“Dit is vir ons ‘n vreugde en groot beloning as mense uitstap en ons kom bedank vir die voorreg om op so ‘n waardige manier klere te kon koop,” noem Janneman van Wyk, die bestuurder van Second Life.
Daar is selfs mense wat verslaaf is aan die ‘Thrift shop’ inkopiestyl en wat al gereelde besoekers aan die winkel is. Hulle is vir die personeel al soos vriende. Behalwe klere, is kombuisware soos potte, panne, borde en koppies in groot aanvraag.


Ou handdoeke, lakens, duvets, komberse en kussings is items wat vinnig verkoop. Kleinerige meubels, ou TV’s en enige elektroniese goedere is ook welkom. Die winkel is weekliks van 09:00 tot 16:00 oop. Op Saterdae is die besigheidsure tussen 09:00 en 12:00. Kom kyk hoe lyk hierdie interessante winkel en bring jou tweedehandse goedere as skenkings vir hierdie goeie saak.
Indien jy nie self jou goedere na die winkel kan bring nie, of selfs net navrae het, kontak gerus 083 271 9202.
We are so blessed…
Here at Second Life Goods Store many old items, receive a second life for people in the community. Since it’s inception on 1 April 2019 the public has had an opportunity to buy clothes and various goods (crockery, linen, books etc.) at a fraction of the retail price.
What you see as old and not in need anymore, is an item that someone will buy because they need it. So you can give your secondhand items with joy.
Buy clothes with dignity is our motto.


“We want to serve the community and we do it by distributing many clothes to organizations that help the poor and needy persons. We sell clothes at very cheap prices but also give clothes to the needy,” says Janneman van Wyk, manager at Second Life Clothing.
If you don’t know where to go with your old clothes or kitchenware, please bring it to 79 Beyers Naude street and you will bless someone with your “old” goods.

The store is open week days from 9:00 to 16:00. On Saturdays, the store is open between 9:00 and 12:00.

If you can not bring your goods to the store or have inquiries, please contact 083 271 9202.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button