Local newsNewsNews

Ouers dood, kind kritiek na botsing

Die ouers van 'n sewe-jarige dogtertjie is Maandagoggend op die R500 tussen Parys en Fochville dood.

Die ouers van ‘n sewe-jarige dogtertjie is Maandagoggend op die R500 tussen Parys en Fochville dood.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het die familie se voertuig met ‘n trok gebots.

“Paramedici het om 11:35 op die toneel gekom. Die voertuig het langs die pad gelê terwyl die trok ‘n entjie weg gestaan het,” het Meiring gesê,

‘n Paramedikus wat van diens af was, het reeds die dogtertjie begin behandel. Sy het ernstige beserings opgedoen waarna sy per helikopter hospitaal toe geneem is.

“Die lyke van haar ouers is in die voertuig gevind. Ongelukkig het hulle reeds aan hulle beserings beswyk,” het Meiring gesê.

Die bestuurder van die trok het geen beserings opgedoen nie. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button