CommunityLocal newsNews
Twee vas oor R250 000 se Dagga
Die polisie in Potchefstroom het Vrydag (7 Augustus) twee mans op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.
Die polisie in Potchefstroom het Vrydag (7 Augustus) twee mans op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.
Volgens Kaptein Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het lede van die Potchefstroom blitspatrollie ‘n verdagte voertuig op die Carletonvillepad opgemerk.
“Die voertuig is agtervolg en afgetrek waarna die voertuig deursoek is. Daar is saamgeperste daag ter waarde van ongeveer R250 000 op die agtersitplek en kattebak van die voertuig gevind,” het Tselanyane gesê.
Beide mans, onderskeidelik 32 en 36-jaar oud in hegtenis geneem en sal vandag (11 Augustus) in die hof verskyn. Die polisie het ook beslag geneem op die voertuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



