CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Polisie ondersoek saak na gewapende roof naby dam

Die polisie ondersoek 'n saak van huisroof na twee mans Woensdagmiddag (12 Augustus) by 'n huis in Calderbanklaan vasgebind en beroof is.

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof na twee mans Woensdagmiddag (12 Augustus) by ‘n huis in Calderbanklaan vasgebind en beroof is.

Volgens Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, is die tuinwerker buite deur vyf verdagtes oorval waarna hy binne die huis gedwing is. Daar is hy saam met ʼn 34-jarige man, wat in die huis bly, op die vloer vasgebind. Hulle is met ʼn vuurwapen aangehou terwyl die rowers onder meer ʼn selfoon, skootrekenaar en geld gesteel het.

Nadat die rowers op die vlug geslaan het, het die man daarin geslaag om homself los te kry en die polisie gebel nadat hy die tuinwerker ook bevry het. Kapt. Aafje Botma het bevestig dat niemand in die aanval beseer is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button