NewsNewsRegional News
Drie tydens gewapende roof in Grimbeekpark aangehou
Drie mense is omstreeks 12:00 vanmiddag (8 September) in Leliestraat aangehou.

Drie mense is omstreeks 12:00 vanmiddag (8 September) in Leliestraat aangehou.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het vier gewapende rowers die huis betree. Drie mense, waaronder die inwoner, huishulp en tuinwerker, is op die vloer gedwing waarna die verdagtes waardevolle items geëis het.
“Die verdagtes het sover bekend juwele gesteel en het in ‘n silwer voertuig gevlug. Niemand is beseer in die voorval nie,” het Haefele gesê.
Die polisie is gekontak om die saak verder te ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



