CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Brand in Du Plooystraat verwoes drie besighede

'n Brand wat rondom 13:00 in Du Plooystraat uitgebreek het, het skade aan drie besighede gerig. Die Gaanbos skietbaan, 'n leerwinkel en die kafee op die hoek van Du Plooystraat en Walter Sisululaan het groot skade opgedoen.

‘n Brand wat vanmiddag (31 Oktober) rondom 13:00 in Du Plooystraat uitgebreek het, het skade aan drie besighede gerig. Die Gaanbos skietbaan, ‘n leerwinkel en die kafee op die hoek van Du Plooystraat en Walter Sisululaan het groot skade opgedoen.

Toe die Herald na 14:00 by die perseel aankom, het digte rookwolke in die lug gehang. Volgens Leroy Pretorius, ʼn operasionele divisie offisier van die plaaslike brandweer, was die brand toe onder beheer.

Hy sê dat die brand naby Bert’s Pub and Grill gekom het, maar dat dit nie soveel skade aangerig het nie. Leroy sê die  presiese oorsaak van die brand kan nie bepaal word nie en dat die brandveiligheidsafdeling eers later kan bepaal. Niemand is in brand beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button