CommunityLifestyleNewsNewsPhoto Galleries

NG Bult vier die somer met ‘n jolige basaar

Gemeentelede van NG Kerk, Potchefstroom, Die Bult vier die aanbreek van die somer met ‘n jolige basaar. Hulle nooi oud en jonk om hierdie Saterdag, 7 November saam op hul kerkterrein (Esselenstraat 42) te kuier.

Gemeentelede van NG Kerk, Potchefstroom, Die Bult vier die aanbreek van die somer met ‘n jolige basaar. Hulle nooi oud en jonk om hierdie Saterdag, 7 November saam op hul kerkterrein (Esselenstraat 42) te kuier.

Die dag begin reeds vroeg met ‘n pretloop waaraan almal kan deelneem. Die vars lug en die son op jou lyf is die ideale manier om weer na die inperking in beweging te kom.

Met drie wedlope kan jy kies tussen ‘n 8km-wedloop wat om 07:00, ‘n 4km-wedloop wat 7:15, of die kinderwedloop wat om 08:00 afskop. Deelnemers kan vanaf 06:00 op die kerkterrein inskryf en inskrywingsfooie wissel van R60 (8km), R40 (4km) tot R20 (kinderwedloop).

Almal wat deelneem kry ‘n medalje. Onthou ook om ekstra geld saam te bring, want jy mag jouself na die wedloop met ‘n heerlike pannekoek bederf.

Basaarspeletjies spesiaal vir die kinders (en die grootmense) is een van die hoogtepunte. Skyfskiet en visvang is net ‘n paar van die baie speletjies wat jou vaardigheid toets en ‘n springkasteel sal help om van die oortollige energie ontslae te raak.

Beplan ook vooraf jou geskenklys vir Kersfees, want by die wit olifant- en geskenktafel sal jy beslis ‘n winskopie raakloop. Wat lekkernye betref, is daar amper te veel om van te kies.

Bederf jouself met heerlike gebak by die rustige teetuin onder die groot koeltebome of koop ‘n lekker braaivleisie van die kole. En waarom wil wil jy self koek of poeding bak as jy ‘n tuisgebakte een kan koop? Jy is naweke moeg van die week se werk, kom koop dus jou kos by die kerk.

Vir navrae oor die basaar kan Ben Robbertse by die kerkkantoor, tel. 018 293 0450 gekontak word en navrae oor die pretloop kontak Elizma van Staden 072 260 5833.  

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button