NewsNews

Mooiriver Kersmark is ‘n moet!

“Ons glo dat ons vanjaar weer vir Potchefstroom en die omgewing ‘n spesiale mark gaan bied."

“Vanjaar is ‘n unieke jaar in die geskiedenis. Ons kan met dankbaarheid noem dat die Mooirivier Kersmark van 23 November tot 5 Desember met die nodige Covid-19 protokol in plek, aangebied word.
“Ons nooi almal wat oor daardie tydperk in Potcheftroom of in die omgewing is, om die mark te besoek en die gasvryheid van die Oosdoppers te kom ervaar.”


So sê die organiseerders van die Kersmark. Sowat 100 uitgesoekte uitstallers van oral in die land sal hulle produkte kom uitstal waar inkopiegangers handige en bekostigbare geskenke kan koop. Dit is voorwaar ‘n unieke inkopie-ervaring om te kom beleef. Vanjaar is daar weer unieke geskenke wat wissel van kinderspeelgoed, houtprodukte, juweliersware, boeke, dekor, klere en geskenkbewyse. ‘n Lafenis kan ook by die restaurant geniet word waar heerlike etes, tee, koffie en lekker koek verkoop word. Die mark is vanjaar vir 12 dae oop en sal bedags van 09:00 tot 20:00 oop wees. Sondag is dit egter gesluit en die laaste Saterdag sal dit slegs tot 16:00 oop wees.


“Ons glo dat ons vanjaar weer vir Potchefstroom en die omgewing ‘n spesiale mark gaan bied. Maak gerus solank ‘n nota om nie uit te mis nie en hou ook die Mooirivier Kersmark se Facebookblad dop vir meer inligting.
Kontak gerus vir Adele by die kerkkantoor by (018) 290 7690 of kerkkantoor@oosdoppers.co.za vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button