EntertainmentNewsNews

Droëbek op Oujaarsaand? Maak jou eie alkoholvrye vonkelwyn!

Ons gee 'n maklike resep om 'n mengeldrankie te maak wat presies soos vonkelwyn lyk - net alkoholvry. 'n Mens moet mos die nuwe jaar behoorlik vier.

Lê dit in die goue kleur of die vrolike, glinsterende borrels wat vonkelwyn so spesiaal maak? Helaas kan ons nie eens die nuwe jaar met hierdie vrolike nektar vier nie, want ons is terug op vlak-3 inperking en Suid-Afrikaners mag nie drank koop of vervoer nie.

Gelukkig is daar oulike resepte om sommer jou eie borreltjie te maak wat presies soos die ware Jacob lyk. Die smaak sal dalk nie jou hare terugwaai nie, maar daar is beslis meer voordele daarin om die alkoholvrye weergawe te probeer.

Die mengeldrankie het net Appletizer en gemmerlim (ginger ale) nodig. Om fancy te wees, voeg ‘n vruggie by. Foto: Venessa van der Westhuizen

Daar bestaan verskeie “Mock Champagne” resepte en die een wat die maklikste is om te aanmekaar te slaan, het net twee bestanddele nodig – Appletizer en gemmerlim (ginger ale in Engels). Let op dat gemmerbier en gemmerling nie dieselfde is nie. Gemmerbier het ‘n melkerige voorkoms, terwyl gemmerling daardie goue, deurskynende voorkoms het.

Om verder ‘fancy’ te wees kan jy sommer ʼn kersie, aarbei of framboos in die glas gooi. Die metode is maklik. Meng dieselfde hoeveelhede Appletizer en gemmerlim in ʼn glas en voeg die spoggerige vruggie by – Et Voilà!

nwu afr

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button