Eskom het vandag (5 Februarie) aangekondig dat Fase twee van beurtkrag vir die naweek sal geld. Dit sal van vandag (5 Februarie) tot Sondag (7 Februarie) in werking wees. Volgens Eskom se webtuiste is die skedules vir Potchefstroom aangepas. In die verlede was daar tydens fase twee slegs een keer per dag in Potchefstroom beurtkrag, alhoewel dit dan vir vier ure aangehou het. Volgens die aangepasde skedule sal die dorp se krag nou tydens fase twee, twee keer op ‘n dag af wees maar vir twee en ‘n half ure op ‘n slag. Volgens Eskom se skedule, behoort die krag in Potchefstroom Saterdag (6 Februarie) 06:00 – 08:30 en 14h00 – 16h30 en Sondag (7 Februarie) 14h00 – 16h30 en 22h00 – 23h00 af wees.




