NewsNews

Drie-jarige seun dood na kop-aan-kop botsing

'n Drie-jarige seuntjie is gisteraand (07 Februarie) op die N12 ongeveer 20km buite Potchefstroom na 'n kop-aan-kop botsing dood. Ses ander mense is ook in die ongeluk dood. 

‘n Drie-jarige seuntjie is gisteraand (07 Februarie) op die N12 ongeveer 20km buite Potchefstroom na ‘n kop-aan-kop botsing dood. Ses ander mense is ook in die ongeluk dood.

 

 

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici ongeveer 22:00 op die toneel gekom waar hulle twee voertuie op teenoorgestelde kante van die pad gevind het.

“Een persoon het uit die een voertuig gekom terwyl sewe mense om die ander voertuig gelê het. Paramedici het ses mense insluitend die drie-jarige dood op die toneel verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens hom het twee mense die ongeluk oorleef. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle ospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button