
Die redakteur van die Potchefstroom Herald, Dustin Wetdewich, is gelukkig dat hy geen beserings opgedoen het nadat hy in ‘n botsing op Govan Mbeki-rylaan betrokke was.
Die bestuurder van die ander voertuig is ook gelukkig nie ernstig beseer nie. Sy is deur ER24 op die toneel vir matige skok behandel. Die ongeluk het omstreeks 13:00 vandag (16 Maart) gebeur. ER24 was vinnig op die toneel om die insittendes te asesseer. .

Volgens Wetdewich is hy nie seker wat presies gebeur het nie. “Ek wou nog draai en die volgende oomblik het ek net ‘n groot slag gehoor. Ek is net bly dat die bestuurder van die ander voertuig ook nie beseer is nie,” het hy gesê.
Die ander voertuig het verder langs die pad tot stilstand gekom.

“Die bestuurder was baie geskok, dalk meer geskok as ek. Dit kon baie erger gewees het, dit is aan die kant waar my jongste kind se karstoeltjie is,” het Wetdewich gesê.




