CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Eienaars van snoepie in woongebied kry finale waarskuwing

Die eienaars wat ‘n snoepie (tuck shop) in die Suiddorp, op die hoek van Kruis- en Joubertstraat geopen het, het nog tot vandag (2 Mei) kans om die deel van die snoepie af te breek wat die bougrens oorskry.

Die eienaars wat ‘n snoepie (tuck shop) in die Suiddorp, op die hoek van Kruis- en Joubertstraat geopen het, het nog tot 2 Mei kans om die deel van die snoepie af te breek wat die bougrens oorskry.

‘n Bouinspekteur van die munisipaliteit het op 19 April ‘n amptelike brief aan die eienaars, M.L.O. Trust, oorhandig waarin hulle 14 dae kans het voordat regstappe geneem sal word.

Die eienaars van die snoepie het volgens inwoners in die omgewing al verlede jaar aan die struktuur begin bou. Niemand is in kennis gestel waarvoor die gebou gebruik sou word nie.

Volgens ‘n geregistreerde stads- en streeksbeplanner oortree die snoepie-eienaars munisipale wetgewing op twee wyses. Eerstens is dit oor die bougrens gebou en tweedens het die eienaars nie ‘n hersoneringsaansoek ingedien om besigheidsregte te verkry nie.

Hersonering is ‘n formele aansoek wat by die munisipaliteit ingedien moet word. Dit word gewoonlik deur ‘n stads- en streeksbeplanner uitgevoer en moet ‘n terreinontwikkelingsplan insluit. Deel van die hersoneringsproses is dat die eienaars van die erf ‘n skriftelike kennisgewing vir vier weke op die terrein moet aanbring wat die nuwe ontwikkeling verduidelik. ‘n Advertensie in Engels en Afrikaans moet ook vir twee weke in ‘n koerant geplaas word om die ontwikkeling aan te kondig sodat die publiek kennis daarvan dra. Die eienaars het nie enige van hierdie maatreëls nagekom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button