NewsNews

Voormalige NWU Varsitybeker kaptein oorlede

Bezuidenhout (26) was vir klomp jare een van die staatmakers vir die NWU-Puk se eerstespan en het 'n groot impak gemaak waar hy gaan op en van die veld af. 

Die voormalige NWU Varsitybekerkaptein van 2018, Tiaan Bezuidenhout, is gister (Saterdag, 8 Mei) in ‘n motorongeluk oorlede.

Bezuidenhout (26) was vir klomp jare een van die staatmakers vir die NWU-Puk se eerstespan en het ‘n groot impak gemaak waar hy gaan op en van die veld af.

Bezuidenhout was ‘n oud-RHS leerder en was een van die top spelers in sy generasie. Hy was ook in Soetdorings Manskoshuis. 

Tiaan Bezuidenhout gaan die NWU vanjaar as kaptein die die Varsitybeker lei. Die openingswedstryd vir Pukke is teen CUT op die Fanie du Toit Sportgronde op Maandag 29 Januarie.
Tiaan Bezuidenhout, voormalige NWU Varstiybekerkaptein in 2018, is op Saterdag, 8 Mei in ‘n motorongeluk oorlede

Die agtsteman/flank los ‘n groot leemte in die plaaslike rugbygemeenskap met sy mede-spelers en voormalige afrigters wat hulde aan hom op sosiale media gebring het.

Sy spanmaats en nabye vriende soos Walt Steenkamp en Morne Strydom sowel as sy voormalige afrigter, Leon Boshoff, het onder andere hulle skok en hartseer oorgedra.  

Tiaan Bezuidenhout

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button