President Cyril Ramaphosa sal vanaand (15 Junie) die land om 20:00 toespreek.
Dit na verskeie vergaderings met die Covid-19 bevelsraad en die kabinet. Kenners vra al vir die afgelope twee weke dat strenger inperkingsmaatreels ingestel word namate daar meer Covid-19 gevalle aangemeld word.
Volgens die Departement van Gesondheid in die Noordwes is daar tans 866 aktiewe Covid-19 gevalle in J.B Marks.
Netwerk24 berig dat volgens dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, is dit te laat om strenger inperkingsmaatreel in te stel omdat die virus reeds begin “hol het”. “Hy moes geluister het toe kenners reeds twee weke gelede oor die derde vlaag gewaarsku het,” het Coetzee gese.




