NewsNewsRegional News

20 lyke in Orkney glo die van ‘zama-zamas’

Die polisie het Maandag (14 Junie) en Dinsdag (15 Junie) hulle hande vol gehad, nadat 20 mans se lyke by twee verskillende plekke in Orkney gevind is. 

Die polisie het Maandag (14 Junie) en Dinsdag (15 Junie) hulle hande vol gehad, nadat 20 mans se lyke by twee verskillende plekke in Orkney gevind is.

Volgens Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die eerste vyf lyke Maandag omstreeks 19:00 buite `n ongebruikte ventilasie-skag in Lourenspark, Orkney gevind.  Die volgende dag is nog 14 lyke naby die spoorweg gevind.

“Terwyl die polisie besig was om op dié toneel te werk het hulle inligting ontvang dat nog ‘n lyk by die ventilasieskag gevind is,” het Mokgwabone gesê.

Daar word vermoed dat al 20 oorledenes onwettige myners was. Volgens Mokgwabone is die mans nog nie geidentifiseer nie, maar dat geregtelike doodsondersoeke van stapel gestuur sal word om die oorsaak van hulle dood te bevestig.

“Die moontlikheid word ook ondersoek dat die mans se dood verband hou met `n video wat op sosiale media versprei is. In die video pleit ‘n man wat homself identifiseer as ‘Mafifi’ vir hulp nadat hy glo rookinaseming opgedoen het,” verduidelik Mokgwabone.

Enige iemand met informasie oor die voorval kan vir Kol. Gaanakgomo by 082 568 5975 kontak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button