NewsNews

VIDEO: Veldbrand woed al vir dae

Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging (BBV) vra hulp van die publiek om die mense wat die brand bestry te ondersteun.  "Energiedrankies, bottels wat, 'energy bars', vars vrugte. Enige hulp sal waardeer word. Kontak ons koördineerder, Janetta Vermaak by 076 631 8115," het Roux gemaan. 

 

‘n Groot veldbrand noord van Potchefstroom het Saterdag (26 Junie) middag uitgebreek.

Verskeie rolspelers veg sedertdien dag en nag om die brand te blus, maar teen Woensdagoggend (30 Junie) is die brand steeds nie geblus nie.

Volgens Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging (BBV), het ongeveer 8000ha reeds afgebrand.

“Ons het drie spanne wat mekaar elke 12 ure aflos. Die spanne bestaan uit 75 mense, van Working on Fire, Boere en plaaswerkers,” het Roux gesê.

 

Roux vra hulp van die publiek om die mense wat die brand bestry te ondersteun.

“Energiedrankies, bottels wat, ‘energy bars’, vars vrugte. Enige hulp sal waardeer word. Kontak ons koördineerder, Janetta Vermaak by 076 631 8115,” het Roux gemaan.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button