CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Bailliepark loods sekuriteitskamera-projek

Lede van die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) loods 'n sekuriteitskamera-projek en versoek inwoners van dié area om daarby betrokke te raak.

DA raadslid Anné van Onselen het in Januarie ‘n opname onder die inwoners van Bailliepark gemaak om vas te stel of daar ‘n behoefte aan sekuriteitskameras in die buurte is.

Op 13 April is ‘n loodskomitee verkies nadat Bertus le Roux en Johan Naudé die suksesse van Oewersig en die Bult CID se kameras met almal kom deel het. Dié komitee het later vergader en ‘n plan van aksie uiteengesit. Johann Venter het die inisiatief geneem om ‘n uiteensetting van al die erwe, die uitrol van fases en die finansiële impak te verskaf.

Met die volgende vergadering op 4 Mei is die verskillende kameraplasings van fase-1 bespreek, die maandelikse bydraes vasgemaak en op ‘n naam besluit vir die organisasie. ‘n Nie-winsgewende organisasie is gestig met die naam Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP). Die organisasie se bankrekening is reeds geopen.

Die bestuurskomitee vir die BPGP is verlede Woensdag (23 Junie) verkies en die agt onderskeie lede is: Johann Venter (voorsitter), Flip Mostert, Stefan van der Walt, André Joubert, Marius Smit, Robbie Cooper, Jan de la Hunt en Theunis Meyer. Hierdie span inwoners van Bailliepark het hand opgesteek en is bereid om van hul tyd af te staan, hul insette te lewer en hul kennis en ervaring te deel sodat die projek ‘n sukses kan wees.

Die maandelikse bydraes beloop:

  • R200 per woonhuis
  • R50 per eenheid in ‘n kompleks SONDER bestaande kameras
  • R25 per eenheid in ‘n kompleks MET bestaande kameras
  • R400 per besigheid

Een van die groot sekuriteitsmaatskappye in die stad sal die  monitering behartig. Volgens Van Onselen beoog die organisasie om ook in die toekoms ander projekte aan te pak wanneer al die fases van die kamera-projek afgehandel is. Elke projek sal bydra om die sekuriteit en die waarde van eiendomme te verhoog. Sy doen ‘n beroep op die inwoners van Bailliepark om deel van die projek te word.

Vir enige verdere navrae, skakel Johann Venter by 082 875 0947.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button