EntertainmentNewsNews

Bure help om brand in Promosa te blus

‘n Brand wat verlede week op ‘n oop erf in Promosa ontstaan het, is net betyds deur omstanders geblus en het sodoende verhoed dat die aangrensende huise ook in vlamme opgegaan.

‘n Brand wat verlede week op ‘n oop erf in Promosa ontstaan het, is net betyds deur omstanders geblus en het sodoende verhoed dat die aangrensende huise ook in vlamme opgegaan.

Glenville Fransman wat in ‘n huis net langs die oop erf (Kleurpoortstraat 47) bly, was besig om saam met sy gesin TV te kyk toe hulle ‘n helder lig buite hulle venster sien skyn het. Toe hulle deur die venster kyk, het hulle die hoë vlamme gesien. ‘n Sterk wind het die vuur na hulle huis toe aangewaai.

Fransman het dadelik sy motor onder die afdak geskuif omdat die vlamme gevaarlik naby gekom het. Intussen het vriende wat by hulle gekuier het, gehelp om die brand te probeer blus.

“Toe ons weer sien, daag daar oral mense in die omgewing op met emmers water. So tussen ‘n tuinslang en emmers water kon ons die brand geblus kry,” sê Fransman.

Hy vermoed iemand het die brand gestig. “Inwoners van die omgewing het al verskeie kere by die eienaar van die erf gekla omdat dit nie netjies gehou word nie.

Volgens Fransman is daar gelukkig niemand beseer nie, maar hulle kon die aand nie slaap nie omdat hulle huis vol rook was. “Ons wil net dankie sê aan al die bure wat ons gehelp het om die vlamme te blus,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button